fsmv-8172-g110
Vlug Van Gister
Waarheen vlug jy as huis nie meer huis is nie?

Na jare se afpersing, agterdogtigheid en alkoholmisbruik, slaan Emma se man, Gert, haar byna in die hospitaal in. By hom kan sy nie verder bly nie, dit sal haar lewe kos. Sy vlug vanuit hulle klein myndorpie in Mpumalanga met nie veel meer as die klere aan haar rug nie. Maar waarheen en wat gemaak sonder geld, 'n werk, of familie wat haar kan ondersteun? So kies Emma koers Kaap toe, en bid vir die beste.

Die tog suid is angstig en eensaam, en uiteindelik gee haar motor die gees naby Stilbaai. Nes dit lyk of haar gebede op dowe ore val, kom 'n plaaslike boer, Dewald, tot haar redding. Noodgedwonge nooi hy haar om by hom op die plaas te bly terwyl sy wag vir die kar se herstel. Maar iets skort op Dewald se werf; die plaas boer agteruit, die olyfboorde is oorgroei, en die foto's van hom as gelukkige jonggetroude staan nog die huis vol. Dewald is te jonk om 'n wewenaar te wees, maar dis sy lot in die lewe.

Vir hom bring Emma se aankoms nuwe lig, vir haar kan hy die heenkome wees wat sy nog altyd gesoek het. Maar as hulle die liefde wat tussen hulle ontstaan wil kans gee, gaan albei eers moet vrede maak met die verlede. Want Gert het nog nie vir Emma laat gaan nie, en oudvriendin Julia wil vir Dewald hê, en sal doen wat sy moet om hierdie onverwagse inkommer uit die weg te ruim.

Vlug van gister is 'n hartroerende verhaal van tweede kanse en oorbegin wat lesers weer sal laat glo in ware liefde.

fsmv-8172-g110

Vlug Van Gister (Afrikaans, Paperback)

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

R215
You save R75 (26%)

Or split into 4x interest-free payments of 25% on orders over R50
Learn more

In Stock
Description
Waarheen vlug jy as huis nie meer huis is nie?

Na jare se afpersing, agterdogtigheid en alkoholmisbruik, slaan Emma se man, Gert, haar byna in die hospitaal in. By hom kan sy nie verder bly nie, dit sal haar lewe kos. Sy vlug vanuit hulle klein myndorpie in Mpumalanga met nie veel meer as die klere aan haar rug nie. Maar waarheen en wat gemaak sonder geld, 'n werk, of familie wat haar kan ondersteun? So kies Emma koers Kaap toe, en bid vir die beste.

Die tog suid is angstig en eensaam, en uiteindelik gee haar motor die gees naby Stilbaai. Nes dit lyk of haar gebede op dowe ore val, kom 'n plaaslike boer, Dewald, tot haar redding. Noodgedwonge nooi hy haar om by hom op die plaas te bly terwyl sy wag vir die kar se herstel. Maar iets skort op Dewald se werf; die plaas boer agteruit, die olyfboorde is oorgroei, en die foto's van hom as gelukkige jonggetroude staan nog die huis vol. Dewald is te jonk om 'n wewenaar te wees, maar dis sy lot in die lewe.

Vir hom bring Emma se aankoms nuwe lig, vir haar kan hy die heenkome wees wat sy nog altyd gesoek het. Maar as hulle die liefde wat tussen hulle ontstaan wil kans gee, gaan albei eers moet vrede maak met die verlede. Want Gert het nog nie vir Emma laat gaan nie, en oudvriendin Julia wil vir Dewald hê, en sal doen wat sy moet om hierdie onverwagse inkommer uit die weg te ruim.

Vlug van gister is 'n hartroerende verhaal van tweede kanse en oorbegin wat lesers weer sal laat glo in ware liefde.

In Stock

1
R215Yousave R75 (10%)
1